Die Titel van hierdie boek.
Die oorlog van die draak teen die vrou.
Ek het reeds genoem dat ek hierdie titel vir die boek gekies het vanuit die oorlogsbeelde in Openbaring, die oorlog van die wrede woedende draak teen die vrou (die kerk).
Tydens ’n gesprek met twee lidmate (*) in ons gemeente met wye kennis en ervaring van praktiese oorlogvoering in die Nasionale weermag, het dit my opgeval hoe hulle verhale en insig daaroor ooreenstem met die gelowige se worstelstryd in die geestelike oorlog soos in die Bybel verbeeld. Hulle insigte het verseker ’n waardevolle dimensie in hierdie boek bygevoeg. Ek wil graag my twee militêre raadgewers van harte daarvoor bedank.
Ja, die oorlog tussen die draak of satan – deur Petrus ook die brullende leeu genoem - en die kerk gaan oor al die eeue steeds voort en is in ons geslag akuter as ooit tevore. Dit wil ook volgens die Bybel lyk of die oorlog verder in intensiteit sal toeneem soos die eindtyd nader.
Ek word al meer oortuig daarvan dat die kerk baie meer van hierdie Profeties-Apokaliptiese (**) stemme vanuit die Skrif moet kennis neem ten einde hierdie oorlog tot die einde toe te veg om uiteindelik te oorwin.
Hierdie boek wil dus eerstens eerlik na die doel van die kerk en sy verstaan daarvan kyk en dan veral hoe dit in sy bedieningspraktyk na vore kom. Tweedens om hopelik sekere praktiese voorstelle te maak wat as riglyne(*) B
(**) In die boek Openba