Die oorlog van die draak teen die Vrou

Haar oorwinning is verseker

Oorlog

Oorlog is nie 'n gewilde onderwerp nie, veral nie vir gelowiges nie. Ons wil eerder wegbly daarvan.

Tog is die Bybel vol verskriklike oorlogverhale, dikwels baie grafies en spannend beskryf.

Die oorlogsbeelde in Openbaring, ook die van die woedende draak se aanslag teen die vrou, dit gryp elke leser aan. Dis spannend - ja; Wat sal die uitslag wees?

Dis die oorsprong van die titel van hierdie boek. "Die Oorlog van die Woedende Draak teen die Vrou."

Hierdie boek probeer egter nie om ’n verklaring van die boek Openbaring of hierdie hoofstuk te wees nie. Dit sluit egter aan by sekere van die bekende beelde daarin met die betekenisse daarvan soos dit deur meeste Bybelverklaarders uitgelê word.

Die betekenis van wie die groot vuurrooi draak is, word in Op 12:9 self heel duidelik aangedui: Dis die duiwel of Satan self.

Oor die betekenis van die vrou stem meeste gereformeerde teoloë saam dat dit in Openbaring heenwys na die kerk (vergelyk v 17). In 2 Joh verse 1 en 5 word die gemeente ook as vrou aangespreek - die uitverkore vrou, die kerk!

Veral hoofstuk 12 van Openbaring sou seker as die opstelling van die gevegsterrein, die bekendstelling van die betrokkenes in die oorlog, gesien kan word.

Ja, die spanning styg algaande in die hoofstuk, veral as die draak vol woede die vrou agternasit en die oorlog voortsit teen haar nakomelinge.

Wie gaan hierdie oorlog wen?


Your Instructor


Chris Visser
Chris Visser